OUERBLAD
Oorplasingaansoekvorm
Kliek hier vir die Leerder Oorplasingsaansoekvorm. U kan ook die skool kontak by admin@lsrobbies.co.za vir enige vorms.
Toelatingsbeleid
Kliek hier vir die Toelatingsbeleid. U kan ook die skool kontak by admin@lsrobbies.co.za vir enige vorms.
Skoolfonds
BESONDERHEDE VAN VERANTWOORDELIKE OUERS / VOOGDE
Ek is bewus van die geleentheid om aansoek te doen vir volle/gedeeltelike vrystelling van skoolgeld.
BELANGRIKE INLIGTING:
- Alle skoolgelde moet op datum wees voordat u kind ‘n kamp, toer of uitstappie mag bywoon.
- Indien u aansoek doen om vrystelling is u steeds verantwoordelik vir die betaling van die volle maandelikse skoolfondsbedrag tot en met vrystelling goedgekeur is.
Die Beheerliggaam behou die reg voor om agterstallige rekeinge aan ‘n derde party te oorhandig vir invordering. Alle kostes en rente vootspruitend uit dié aksie sal wees vir die rekekning van die person verantwoordelik vir die betaling van die skoolgeld.
Bankbesonderhede: Laerskoolfonds Robertson, ABSA bank, Tjekrekening, Nommer: 1200490602
Verwysing: Die leerder se naam en van asook u rekeningnommer wat op u skoolfondsrekening verskyn of verkrygbaar by die finansiële beampte.
Ek/Ons aanvaar verantwoordelikheid vir die betaling van die skoolfooie op die wyse soos hierbo aangedui.
Toestemming en Vrywaring
Kontak die skool by admin@lsrobbies.co.za vir enige informasie aangaande Toestemming en Vrywaring.
Skoolure
Somertyd (Kwartaal 1 en 4):
In die somer begin ons om 07:15 en sluit om 13:40.
Wintertyd (Kwartaal 2 en 3):
Die skooldag begin in die winter om 07:45 en sluit om 14:10.
Skooldrag
Dogters Somersdrag
- Vlootblou romp (aanvaarbare lengte)
- Wit hemp: kortmou
- Swart skoolskoene met kort wit sokkies (graad 4 – 6 mag kaalvoet skool toe kom in die somer)
- Skool sweetpakbaadjie of moulose oortrektrui(pull-over)
- Vlootblou V-nek skooltrui(indien nodig) onder skool sweetpakbaadjie
Dogters Wintersdrag
- Vlootblou romp (aanvaarbare lengte) of skool sweetpakbroek
- Wit (das)hemp met knoop bo: lang- of kortmou met das
- Skool sweetpakbaadjie of moulose oortrektrui(pull-over)
- Vlootblou V-nek skooltrui(indien nodig) onder skool sweetpakbaadjie
- Swart skoolskoene en lang swart kouse by romp
- Kort wit sokkies saam met skool sweetpakbroek
Hare: Dogters
- Hare moet altyd netjies versorg wees en nie in die oë hang nie.
- Wanneer hare skouerlengte bereik, moet dit vasgemaak word.Slegs wit of donkerblou rekkies, frommelrekke, haarbande (“Alice Bands”) of linte sonder enige versierings is toelaatbaar.
- Allerlei uitspattige hairstyle en kleur van hare is ontoelaatbaar.
Seuns Somersdrag
- Grys kortbroek of langbroek
- Wit hemp: kortmou
- Swart skoolskoene met lang grys sokkies (graad 4 – 6 mag kaalvoet skool toe kom in die somer)
Seuns Wintersdrag
- Grys kortbroek of langbroek of skool sweetpakbroek
- Wit (das)hemp met knoop bo: lang- of kortmou met das
- Swart skoolskoene met lang grys sokkies
- Skool sweetpakbaadjie of moulose oortrektrui(pull-over)
- Vlootblou V-nek skooltrui(indien nodig) onder skool sweetpakbaadjie
Hare: Seuns
- Hare mag nie oor ore hang nie.
- Hare mag nie gekleur wees nie.
- Allerlei uitspattige hairstyle en kleur van hare is ontoelaatbaar.
Gedragskode
Kliek hier vir die Gedragskode.
KONTAK INFORMASIE
Adres
Dirkie Uysstraat, Robertson
PO box 294, Robertson, 6705
Kontak Ons
Kontakure
Kwartaal 1 en 4: 07:00 - 14:10
Kwartaal 2 en 3: 07:30 - 14:40
Telefoon: 023 626 3060
Epos
RLCS

Dirkie Uysstraat, Robertson
Telephone: 023 626 3060
Email: robertson.prim@wcgschools.gov.za