ALGEMEEN

Geskiedenis

Laerskool Robertson is deel van die ryke onderwysgeskiedenis van Robertson. In Junie 1877 is die skool as opgerig en die eerste hoof was heer Nixon. Op 29 Augustus 1893 is die huidige skoolgebou reeds as skool ingewy onder leiding van die destydse prinsipaal, dr FA Cluver.

In 1928 is die skole in Robertson herorganiseer en was daar reeds 3 skole, waarvan die Laer seunskool een. Vanaf Januarie 1981 funksioneer die skool as Laerskool Robertson. Tans staan die leerdertal op 440 leerders. Laerskool Robertson bedien leerders van graad 4-7.

Die volgende hoofde was:

Mnr J.N du Toit (Januarie 1928 – September 1946)

Mnr JJ Claassen (Oktober 1946-1950)

Mnr CJ Rossouw (1951-Junie 1954)

Mnr Bun Booyens (Oktober 1954-1958)

Mnr IP Vermaak (1959-1971)

Mnr CA Skibbe (1972-1974)

Mnr JC Simpson (1975-1986)

Mnr P Maritz (1987-1992)

Mnr JTT Slabbert (neem waar gedurende 1993)

Mnr P Terblanche (1994-1996)

Mnr SS Weyers (1997-Junie 2019)

Me L du Toit (neem waar gedurende Julie 2019-September 2019)

Mnr LW Wessels (Oktober 2019 – huidiglik)

Visie en Missie

Visie

Dit  is  die  visie  van  die  personeel  van  Laerskool  Robertson,  om deur  Christelik  gefundeerde opvoeding  leerders  so  te  onderrig  dat  hulle  as  gebalanseerde  mense  die  lewe  positief  kan aandurf.

Missie

Dit is die missie van Laerskool Robertson om ons leerders in hulle totaliteit – d.w.s. geestelik, intellektueel,  emosioneel,  sosiaal,  fisies  en  kultureel  op  te  voed  sodat  hulle  verantwoordelik teenoor hul medemens en omgewing kan optree. Hierdie  strewe  moet  geskied  in ‘n  veilige  en  stimulerende  omgewing  waar  gesonde  dissipline gehandhaaf word. Ons glo dat hierdie opvoeding net kan plaasvind deur gesonde kommunikasie en wedersydse betrokkenheid van skool, ouer en gemeenskap. Ons  onderwyspersoneel  onderneem  om  deur  Christelike  normes  en  waardes  en  hoë  morele standaarde,  ‘n  professionele  verhouding  met  leerders,  ouers,  kollegas  en  die  gemeenskap  te handhaaf.

ONS STREEF DAARNA OM: Op die voorpunt van vernuwing in die onderwys te bly en ‘n “trots vir ons eie” by die leerders te kweek.

Skoolreëls

Alle leerders verbind hul om:

Om waar hulle hul ook mag bevind insluitende uitstappies en sportdae deur hul optrede, voorkoms en taal dié skool waardig te wees.

Om altyd hoflik en konsidererend op te tree.

Om lojaal teenoor die skool, opvoeders en ander leerders te wees en nie die goeie naam van die skool te skaad nie.

Om getrou aan ons skoolreëls te wees.

Om pligsgetrou in die uitvoering van skoolwerk en skoolbywoning te wees.

Algemene gedragsreëls

Geen bakleiery, afknouery of gevaarlike speletjies met o.a. skerp voorwerpe word op die skoolterrein toegelaat nie. Alle leerders het die reg om te leer sonder intimidasie, inmenging, ontwrigting of mishandeling/belediging.

Daar mag nooit binne skoolterrein met ‘n fiets gery word nie. Dieselfde geld vir rollemskaatse en “J-boards”. Geen ronddrentel of spelery sal in die gange, voorportaal, op die trappe of in die toilette toegelaat word nie.

Enige vorm van vandalisme is verbode en geen leerder mag oor hekke of drade klouter of enige ruite en ander eiendom met opset beskadig nie.

Die ouer of wettige voog van enigeen waar dit bewys word dat hy/sy opsetlik enige skooleiendom misbruik, beskadig of ontsier, moet dit vervang of betaal vir die eiendom wat beskadig is.

Die skoolterrein mag nie sonder toestemming verlaat word nadat die skool in aanvang geneem het nie.

Leerders moet stiptelik by skool- en buitemuurse bedrywighede opdaag.

Geen kos of enige besittings mag oor die draad ontvang word nie.

Alle personeel, leerders, ouers, en besoekers word met respek behandel.

Niemand mag van die skool wegbly sonder ‘n geldige rede nie. ‘n Brief of telefoonoproep word verlang van die ouer ter verduideliking van afwesigheid. Na 2 dae ‘n doktersertifikaat.

Ander mense se eiendom moet met respek behandel word en geen leerder mag hom/haar skuldig maak aan bv. diefstal nie. Enige vorm van beskadiging of verwaarlosing van die skool se eiendom of ander persone deur daarop te skryf of enige fisiese beskadiging is verbode. Die steel van die skool se eiendom of private eiendom is verbode.

Siek leerders sal in ‘n geskikte lokaal / in klas gedurende pouses geakkomodeer word.

Geen afskryf of afkyk van werk of huiswerk in formele of informele toetse is toelaatbaar.

Vloektaal, diskrimenerende of rassistiese aanmerkings is verbode.

Die besit/of lees van enige aanstootlike literatuur is verbode.

Alle rommel moet in vullisblikke/dromme gegooi word.

Geen leerders mag met brandblussers, tuinslange, sproeiers speel of hanteer nie.

Gange

Geen leerder word voor skool of gedurende pouses in klaskamers of gange toegelaat sonder toestemming nie.

Klaswisseling en beweging in gange geskied altyd ordelik en flink.

Leerders stap in ‘n reguit, enkel ry.

Geen gehardloop of geraas sal in gange geduld word nie.

Geen mure, plakkate of kunswerke in gange mag bekrap of beskadig word nie.

Gange is ‘n vertoonstuk van ons leerders se werk.

Klaskamers

Die algemene netheid van ons klaskamers is almal se verantwoordelikheid en moet te alle tye netjies gehou word.

Geen banke of tafels mag bekrap word nie.

Geen leerder verlaat ‘n klaskamer sonder die leerkrag se toestemming nie.

Die nakoming van klasreëls deur leerders en opvoeders opgestel, is verpligtend.

Klokke

Wanneer die klok lui, tree leerders onmiddellik in rye aan.

Wanneer die tweede klok lui moet leerders reeds netjies en stil in hul rye staan.

Geen laatkom of gesels in rye sal geduld word nie.

Kleedkamers

Kleedkamers moet te alle tye netjies en sindelik gehou word.

Geen spelery of samedromming word daar toegelaat nie.

Gedurende skoolure moet daar stilte heers.

Geen vandalisme, bv. gekrap op deure of mure, beskadiging van vensters, toilette, wasbakke ens. sal geduld word nie.

Persoonlike voorkoms en kleredrag

Leerders moet te alle tye voldoen aan die algemeen aanvaarbare standaarde vir persoonlike netheid, sindelikheid en higiëne.

Die leerder is die beelddraer van ons skool.

Leerders moet die voorgeskrewe somers- en wintersdrag dra.

Indien ‘n leerder weens onvermydelike omstandighede hiervan moet afwyk, moet skriftelike toestemming verkry word.

Naels moet skoon en kort wees en geen naellak word toegelaat nie.

Slegs die klein, dun, goud of silwer oorringe of knoppies (studs) word vir dogters toegelaat.

Die dra van oorringe vir seuns is nie, toelaatbaar nie.

Geen juweliersware, behalwe polshorlosies en “Medic-Alert” bandjies word toegelaat nie.

Hemde mag nie uithang nie en lang grys sokkies moet opgetrek wees.

Dogters mag nie lang grys of navy kouse dra nie – slegs swart

Wanneer skoolskoene gedra word moet dit skoon en blink wees.

Klere moet duidelik gemerk wees.

Geen gekleurde T-hemde mag onder skoolhemp gedra word nie.

Netheidsinspeksies sal deurgaans gehou word

Hare : Dogters

Hare moet altyd netjies versorg wees en nie in die oë hang nie.

Wanneer hare skouerlengte bereik, moet dit vasgemaak word.

Slegs wit of donkerblou rekkies, frommelrekke, haarbande (“Alice Bands”) of linte sonder enige versierings is toelaatbaar.

Allerlei uitspattige haarstyle en kleur van hare is ontoelaatbaar.

Hare : Seuns

Seuns se hare moet netjies versorg wees en mag nie aan die kraag of aan die wenkbroue raak nie.

Hare mag nie oor ore hang nie.

Hare mag nie gekleur wees nie.

Allerlei uitspattige haarstyle en kleur van hare is ontoelaatbaar

KONTAK INFORMASIE

Adres

Dirkie Uysstraat, Robertson
PO box 294, Robertson, 6705

Kontak Ons

Kontakure
Kwartaal 1 en 4: 07:00 - 14:10
Kwartaal 2 en 3: 07:30 - 14:40
Telefoon: 023 626 3060

Epos

Epos: robertson.prim@wcgschools.gov.za

RLCS

Dirkie Uysstraat, Robertson
Telephone: 023 626 3060
Email: robertson.prim@wcgschools.gov.za