SPORT

SPORT

Laerskool Robertson bied die volgende

Somer Sport:
Atletiek: ‘n aparte veld en baan byeenkoms word jaarliks in die 2de week in Januarie gehou.
Krieket: liga wedstryde vir 0/11 en 0/13
Tennis: Ons het sterk tennis spanne, beide dogters en seuns. Ons lewer Boland sowel as Noord – Boland spelers op.

Winter Sport
Rugby: 0/11 en 0/13
Netbal: 0/10 – 0/13
Hokkie: seuns en dogters

Die winter program word so uitgewerk sodat leerders nie hoef te kies tussen sportsoorte nie, maar aan beide kan deelneem.

Karate, swem en gimnastiek word privaat afgerig

A:Deelname
Dit is elke leerder se plig om eerstens vir sy skool deel te neem en daarna vir buite-instansies. ‘n Rugby- of netbalspeler sal nie sonder toestemming van sy/haar afrigter toegelaat word om vir ‘n ander instansie te speel nie. As ingeskrewe leerder moet die skool se aktiwiteite voorkeur kry bo privaataangeleenthede. Dit is noodsaaklik dat elke leerder aan een of ander sportsoort sal deelneem.

B: Sportoefeninge
Leerders moet betyds wees vir sportoefeninge. Wanneer ‘n speler nie ‘n oefening kan bywoon nie, moet hy/sy persoonlik by die afrigter verskoning maak. ‘n Speler wat sonder verskoning van ‘n oefening af wegbly stel homself/haarself daaraan bloot om vir die daaropvolgende wedstryde uit die span gelaat te word.
Die korrekte sportdrag word ook by die sportoefeninge vereis.

Dogters Sportdrag

Liggaamlike opvoeding en Atletiek:
Moulose wit hempie met kraag met RLS en donkerblou quantex kortbroek met sakke.

Wedstryde
Tennis
Moulose wit hempie met kraag met RLS en blou A-lyn romp
met rek. Sokkies en skoeisel oorwegend wit.

Netbal
Geborgde RLS hempies en blou
A-lyn romp met rek. Wit skoolsokkies en tekkies.

Hokkie
Geborgde RLS hempie en blou A-lyn romp met rek.
Blou (Hoërskool) hokkiesokkies

Krieket
Wit gholfhemp met RLS
Donkerblou quantex kortbroek met sakke

Seuns Sportdrag

Liggaamlike opvoeding en Atletiek:
Wit en bly gholfhemp met RLS, Donkerblou quantex kortbroek
met sakke.

Wedstryde
Tennis
Wit gholfhemp met RLS
Donkerblou Quantex kortbroek met sakke
Sokkies(wit) en skoeisel oorwegend wit.

Rugby
Rugbytrui en donkerblou P.T. broekie
Hokkie
Geborgde RLS hempie
Donkerblou quantex kortbroek met sakke
Blou (Hoërskool) hokkiesokkies

Hokkie
Geborgde RLS hempie en donkerblou quantex kortbroek met sakke
Blou (Hoërskool) hokkiesokkies

Krieket
Wit gholfhemp met RLS
Donkerblou quantex kortbroek met sakke

KONTAK INFORMASIE

Adres

Dirkie Uysstraat, Robertson
PO box 294, Robertson, 6705

Kontak Ons

Kontakure
Kwartaal 1 en 4: 07:00 - 14:10
Kwartaal 2 en 3: 07:30 - 14:40
Telefoon: 023 626 3060

Epos

Epos: robertson.prim@wcgschools.gov.za

RLCS

Dirkie Uysstraat, Robertson
Telephone: 023 626 3060
Email: robertson.prim@wcgschools.gov.za