AKADEMIE

AKADEMIE

Akademie is vir ons baie belangrik hier by Laerskool Robertson.
Ons beskik oor goed opgeleide personeel wat deurlopend werkswinkels bywoon om hul op hoogte van die kurrikulum te hou.

Daar is 4 klasse per graad en een van daardie klasse is `n Engelsmedium klas. Ons is ook in die bevoorregte posisie om ‘n Eenheidsklas te hê.

Die klaskamers is toegerus met leerondersteuningsmateriaal wat die kurrikulum ondersteun.
Elke klaskamer (Gr4-7 ) beskik ook oor `n interaktiewe witbord en het toegang tot die internet. Dit maak dit moontlik om die leerervaring van die leerders soveel nader aan hul ervaringswêreld te bring.

Ons handhaaf deurgaans `n baie hoë akademiese standaard en dit is vir ons lekker om te sien hoe ons kinders presteer by ons jaarlikse prysuitdeling in November.

Die skool beskik oor `n Leerondersteuningsonderwyseres wat die skool drie dae per week besoek om leerders in kleiner groepies te ondersteun.
Wiskunde ekstra-klasse word Dinsdagmiddag na skool aangebied.

JONGSTE NUUS

DIE BABBELBEKKIE

GESKIEDENIS

MISSIE & VISIE

ONS PERSONEEL

PROJEKTE

KLEREBANK

 

CONTACT INFORMATION

Visit Us

Dirkie Uysstraat, Robertson
PO box 294, Robertson, 6705

Call Us

Contact hours: 8 am to 3pm
Telephone: 023 626 3060

Email Us

E-mail: robertson.prim@wcgschools.gov.za

RLCS

Dirkie Uysstraat, Robertson
Telephone: 023 626 3060
Email: robertson.prim@wcgschools.gov.za

Verified by MonsterInsights